Rekenaarsentrum


Ons Rekenaarsentrum is goed toegerus.

Elke leerder besoek die sentrum een keer per sewedag siklus.  Verskeie vaardighede word op die rekenaar ingeoefen.  Hulle gebruik onder andere die Cami sagtewarer, asook Readers are Leaders, wat leesvaardighede opskerp. Kodering word aangeleer deur middel van Scratch en Blue-Bot om ons leerders slaggereed te maak vir die vierde industrieële rewolusie en die toekoms.

Ekstra leesklasse word in die middae aangebied vir leerders wat probleme met leesvaardighede ondervind.